Nagmark Toer

My woonstel is in die middel van 'n nagmark.  In Taiwan is hul 'n groot ding.  Mens kry baie nagmarkte.  In die aand word 'n deel van die pad toe gemaak, dan sit mense stalletjies langs die pad, met helder ligte, en baie neon.

Mens kan amper enigiets by so nagmark stal koop. Daar is natuurlik die standaard kos stalletjies, dan ook klere winkels, algemene handelaars (snaakse plekke), meubel winkels, troeteldier winkels, CD/DVD winkels, etc. Mens gaan nagmark toe om te koop, nie net om te eet nie.

Ek het ongelukkig die kamera net vir een dag gehad, so ek kon nie baie fotos neem nie.  Dus, maak ek verskoning vir die gebrek aan oulike nag-fotos.  Ek het die kamera se aard en vibrasies noggie geken nie, en baie van die fotos laat vergaan deur hom te vroeg te beweeg na ek die sneller getrek het.  

Dis eintlik een vat my troetel-haat goedjies... Digitale kameras wat om en by 5 jaar vat om te neem na mens die knoppie druk, maar nouja, wat kan 'n man maak. Maar elkgeval, dankie vir die gebruik van jou, andersins baie oulike, kamera, Suzet :)

So, die totale nagmark-ondervinding mag dalk ontbreek.  Maar mens moet maar vat wat jy kry, ne?

Aanstap Rooies (aka die stilte voor die storm)

Ons begin die toer in die dag, voor die nagmark rerig maal. Dit gee mens sommer ook 'n beitjie perspektief oor hoe die omliggende omgewing lyk.

Nou goed, kom ons begin voor ons woonstel. Hierdie foto wys  die nagmark straat  reg voor ons woonstel in die dag.
 Nagmark voor flat in dag
Die nagmark mense begin al opstel, maar hulle neem nog nie regtig die straat oor nie.

Maar laat ons 'n bietjie aan stap. Ons woonstel is amper aan een punt van die nagmark, so ons loop net in die rigting wat die kamera nou wys.  As ons links kyk voor ons begin loop, sien ons die ys stal op die foto hieronder. Hy is reg voor ons woonstelgebou se ingang. Die helder ligte in die agtergrond is van die HiLife (24 uur gerieflikheids winkel).
Ys Stalletjie in dag

'n Paar tree verder, is 'n baie lekker sop stalletjie.  Hul is egter nog nie oop nie, soos ons hieronder kan sien.
Sop Stal in dag
Net langs hulle, is daar ongelukkig 'n stinky Tofu stal (nie getoon), wat beteken dat as die wind verkeerd waai, ons 'n lekker ryp reuk in ons woonstel kry. Gewonder wat stinky Tofu is? Wel, jy weet wat Tofu is? OK. Nou eers vat jy kool, dan fertmenteer jy dir vir drie maande in 'n fles, en dan kook jy die Tofu in die kool juice.  Jy kan jou self maklik verbeel hoe dit ruik.

Hieronder het ons een van die vele klere stalletjies. Heel funky poppe. Hulle is egter nog nie reg uit gepak vir die aand se aksie nie.
Klere Stalletjie in dag

En hier het ons 'n tiepiese Taiwanese poeding stal. Die bakke het allerhande soet bone, geglasuurde, of vars, vrugte, jellies, en ander snaaksighede in.
Poeding Stal in dag

Hier kan jul nou die poeding material van effe nader beloer. Mens sal tiepies die goed in die bakke saam met 'n warm, of koue, soet boonsop meng, of in 'n ys-poeding sit. Ja, ek weet, die konsep van soet boonsop is effe snaaks, maar dis eintlik heel lekker. Oja, Ys-poeding word gemaak deur groot blokke ys te vat, en met 'n masjien hul af te skaaf, om 'n tiepe sneeu te maak.  Tussen dit word dan die soet goed gesit, gewoonlik ook saam met kondensmelk en stroop.  Tog, hoe water my mond nou...
Poeding Stal Nabyskoot

Dis nou Little Italy, 'n baie ougat koffie plek. Ongelukkig is hy nog toe.  Hy maak eers so nege uur die aand se kant oop.  Hy word bedryf deur Arno, 'n Taiwanese vriend van Nicolas.  Die ou het nogal karakter, en kan heel OK engels praat.  Daarbenewens, kan hy, verskoon my Fraans, 'n nat-kak espresso aanmekaar slaan.  Hy neem koffie nogal ernstig op. Sy suster, Nicole, werk ook soms daar, maar sy is eintlik 'n Shinese onderwyser. M.a.w., sy gee Shinees vir Shinese. Sy help Nicolas ook met sy Shinees.
Little Italy in die dag
Oja, die kar is een of ander klein Nissan waarvan mens moer baie in Taiwan sien.

Nou kyk ons weer straat af, 'n ent verder langs die nagmark. Terwyl die pad nog nie gesluit is vir verkeer nie, is die nagmark al duidelik besig om die straat oor te neem. Laat ek dit anders stel. Gesluit vir vier-wiel verkeer. Onder baie omstandighede, word poeggies amper as voetgangers beskou.
Verder langs die nagmark, in dag

Hier onder is nog 'n klere stalletjie. Check die Doreamon hempie heel voor uit.'n Heel populere kinder tekenprent karakter ingevoer van Japan.
Nog 'n klere stal
Die lekker ding van hierdie tiepe klere winkel is die 100 NT t-hemde. 100 NT, soos in R25.  Mens kry die goed orals.  Dis baie keer gekanseleerde uitvoer bestellings, so dit kom selfs in Westerse grotes.  Wat 'n winskopie.

Hieronder kan mens 'n moerse cool CD/DVD winkel sien.  Hulle het 'n ongelooflike verskydenheid van musiek CDs. 'n Paar mense wat ek ken sal baie geld/tyd hier kan spandeer.
Cool CD/DVD winkel in dag
Nou wonder jul seker: Is dit oorspronklike CDs?  Wel, ja, en nee.  Mens kry baie pirate goed in Taiwan, maar dis gewoonlik beduidend pirated.  As mense iets in Taiwan verkoop as oorspronklik, is dit waarskynlik.  Die pirated goed is gewoonlik baie goedkoop. Nicolas het 'n redelik groot versameling van 150 NT DVDs. Sommige van hulle se kwaliteit is egter effe dodgy.

Maar die oulike ding van al die pirated goed (ekonome hoort hiervan te hou) is dat oorspronklike media (flieks en musiek) baie goedkoper in Taiwan is as amper enige ander plek wat ek van weet, te wyte aan kompetisie. Oorspronklike DVDs gaan vir 400-800 NT, en oorspronklike CDs van 250-500NT.

Wat kan ek se? VROOM. Let in die agtergrond, die donkerige winkel effek.  Nog toe.  Maar vannaand staan hy tot in die middel van die straat.
Vroooooom!

Lekker skoen winkel, langs 'n ander CD/DVD winkel. Hierdie twee is reeds oop.  Hulle is heel tiepies van die meer permanent ingerigte nagmark winkels.  Die basiese moduls operandi is om alles agter in 'n redelik klein winkeltjie te prop, en wanneer die nagmark oop maak, dit als uit te stoot.  Dit gee vir mens sulke weird maer/lang winkels
Skoen winkel/CD winkel

Plek hierdonder was 'n steakhouse, en is vinnig op pad om weer een te raak.  Dit het so paar weke terug afgebrand.  Seker maar 'n gas lek of iets.
Hier was Vuur

Nog 'n voorbeeld van hoe 'n winkel lyk voor dit oop maak.  Soos jul kan sien, is als diep in die donkerte gebere. Leef net in die nag haha.
Watch this Space

Hier is ons nou aan die einde van die nagmark straat (Yong Ping).  Mens sien dit nie duidelik nie, maar die agterste geboue is op Yong Ho straat.  Yong Ho straat is soos in die groot straat van Yong Ho (snaaks genoeg). Elkgeval, dis waar Yong Ping, en die nagmark ophou/begin, afhangende van of jy 'n optimis, of pessimis is.
Einde van die Rennboog in die dag

Die Nag is in die Nagmark

Nouja, die nagmark maal vanselfsprekend eers rerig in die nag.  Eintlik maal die mark minder as gemiddeld, omdat baie van die Shinesies bang is vir SARS.  Gewoonlik kan mens nie die pad sien nie, maar nou ja. Wat vir my wel oulik is, is dat amper niemand op die mark maskers dra nie.  Dit wys jou, die mense wat nie bang is om nagmark toe te gaan nie, is nie geworry oor fieterjasies nie :)

Elkgeval, hier is ons nou weer voor my woonstel, selle as die eerste dag foto.
Nagmark straat voor flat in nag

En nou loer ons weer links. Die superfantastiese ys stal is weer met ons. Let op die stalletjie met die oranje lig regs van die ys stal.
Ys Stalletjie in nag

Want, hier's hy weer. Let op die Hilife. Ons flat is direk bo die Hilife.
Hilife onder flat

En net ingeval jy my nie glo nie, hier is die Hilife bordjie, soos afgeneem uit ons sitkamer venster.
Hilife teken voor ons venster

Hier is eerste klerewinkel weer.  Let op die oulike effek wat mens kry as jy die kamera perongeluk beweeg. Maar ek het mos nou al klaar oor die kamera gekla :)
Klere winkel in nag

Hierso het ons 'n tiepiese kos stalletjie, met helfte van die goed want mens sien onherkenbaar.  Maar dis OK, mens hoef net die menu te lees... Dis nou as jy Shinees kan lees :)  Let op die oulike vliegweringskontrapsie. Dis nou daai pinkerige tossels wat draai bo die kos.  Baie algemeen by kos stalletjies.
Misc kos stalletjie

Wel, nouja, as die stalletjie hierbo nie jou honger kon stil nie, hier is 'n paar ander opsies.  Haas en Hamster pastei... HMMM.  
Aandete
OK, nee, alle grappies op 'n stokkie, dit is eintlik net 'n troeteldier winkel.  En om eerlik te wees, so ver ek kon agterkom was daar nog nerens hond of kat te koop as kos nie...  Dis seker meer die Mainland China mense, of iets, ek weet nie.

En hier is lekker CD/DVD winkel in aksie.  Lyk baie ouliker met mense in, ne?
Cool CD/DVD winkel in nag

Hooring van Kornukopia!! Of so iets.  Hoe spel mens dit, Ma? Elkgeval, dis jou tiepiese "algemene handelaar" winkel.  Regte wilde plekke.  Mens kan amper engiets hier koop.
Horing van Kornikopia winkel
Kom ons kyk sommer net wat ons sien op die foto. Waaiers, helmets, speelgoed, kersversierings, handsakke, skuimrubber blokke.  Ja, hulle is moerse cool.  Dis daai goed aan die regterkant. Hulle is soos legkaarte gemaak, sodat jy enige grote mat kan bou met hulle.  Ek slaap selfs op sulke blokke.

Die goed hier genoem breek skaars die oppervlak. Die winkel is nog diep.  Binne kry mens klok radios, besems, tande pasta, gesig seep, tissues, batterrye, film (vir kameras), DV film, elektriese verlengkoorde, multe-prop dinge, klank/video verlengkoorde, prop-omskakelaars, selfoon laaiers, tange, skroewedraaiers, telefone, papier, penne, potlode, laaie, bakke, houers, emmers, moppe, pype, rekenaar muise, ens. ens.  Dit was maar 'n verkorte lysie van die goed wat ek sommer net gou aan gedink het.

Hier is ons nou weer and die punt van die reenboog.  Kyk net hoe helder brand die liggies...
 Punt van die Neon Reenboog

Na 'n lang, harde, namark toer, is daar niks soos 'n peanutbutter en chocolate Ys nie!  Hier is 'n aksie-kiekie van die ys-man.
Eet Meer Ys
En hier is dit dan nou ook.... Die nektar van die gode.
Nektar van die Gode

Oja, en hier is 'n foto wat Suzet 'n anderdag by ons venster uit geneem het.
Nagmark by Venster Uit

Hoop julle het die toer geniet.