BlouKaasBrokolieAntjovisPasta
'n Romerige bloukaas en brokolie pasta met antjovis. Hierdie resep is
vir 2 porsies of meer as dit saam met ander dinge geëet word.
Bestandele
- 150g pasta (skroewe werk lekker)
- 2 stukke knoffel
- 1/4 medium ui
- 50 ml groenteolie
- Gedroogte basil, origanum en tiemie
- Halwe kop brokolie (sowat 200g)
- 40 ml water
- 200 ml melk
- 2 gehoopte teelepels meelblom
- 50g bloukaas gekrummel
- 2 of 3 fyngedrukte Antjovis fillete (helfte van 'n tiepiese blikkie)
- Heelwat fyn gemaalde swartpeper
Instruksies
Die sous vat so 10-15 minute om gaar te maak, so begin die pasta kook kort na jy met die sous begin het. 1.5l water met sout is waarin jy die pasta wil kook.
- Verhit 'n diep pan met die olie tot medium hitte
- Soteer knoffel, uie en die gedroogte speserye tot sag in warm olie
- Verhoog hitte en braai die brokolie effe
- gooi water by, en bedek pan gedeeltelik
- stoom die brokolie so minuut of 2 tot die meeste water afgekook het.
- Sit hitte laag en verwyder inhoud van pan eenkant
- meng die melk en meel bietjie vir bietjie (jy sal dalk die pan moet
lig anders raak die melk te warm).
- meng bloukaas en antjovis by
- roer oor lae hitte tot als gemeng is en die sous effe verdik het
- sit die uie, knoffel en brokolie terug in die pan
- meng deur
- voeg sout na geur by
- meng pasta by