BollenaigseLikeSauce
Basiese maalvleis-tamatie sous. My WendyLeighVanDoolaeghe sê vir my
dat dit nie rerig Bollenaigse is nie, maar dis ten minste geinspireer
daardeur.
Bestandele
- 500 g mince
- 2-4 blikke tamatie. Ek hou van baie tamatie.
- tamatie konsentraat, plusminus 100g
- 2 uie
- knoffel, effe gekap na smaak, ek hou van baie
- Italiaanse kruie
- Sit soms roosmaryn, marjoram, timie, etc. in. Jy moet maar self
leer wat
- 4 gerasperde wortels. Meer kan ook werk
- 1/2 pak Seldery, gekap
- Soy sous. Dis reg, soy sous. Jy kan ook woestersous gebruik.
- olie om in te braai
- bietjie chutney na geur. Balanseer die suur van die tamaties.
Instruksies
- Braai knoffel en uie tot sag in warm olie
- Braai vleis, terwyl jy kruie en soysous oorgooi
- Gooi wortels, seldery in, braai nog 'n rukkie
- Gooi tamaties, chutney by
- prut vir 30+ minute. Jy kan dalk nog soy sous, sout, peper,
etc. by gooi na smaak.