LensieSop
Bestandele
- Olie om in te braai
- 1 blik tamatie-stukke, of heel tamatie in blokkies gesny
- 1 blik tamatie-puree
- 2 uie, gekap
- 8 knoffelkuisies, gekneus en grof gekap
- 500 g butternut (Pick-n-Pay het lekker voorafberyde sakkies) in stukke
- 500 g lensies droë
- 1/2 pak Seldery grofgekap
- 6 koppies (1.5 l) groenteaftreksel
- 2-3 lourierblare
- 2 t gemaalde komynsaad
- gedroogte koljander (of 2 eetlepels vars)
- Sout + swart peper na smaak
Instruksies
- Verhit plaat goed
- Braai die uie, knoffel, butternut, seldery, komyn en helfte van die
koljander in twee sarsies (een as jy pot groot genoeg en plaat vinnit
genoeg is seker)
- Roer tamaties, groenteaftreksel, lensies, lourierblare en res van
koljander by
- Prut tot die lensies sag is, om en by 40 minute
- Versap/maak fyn soos jy lus het